13 July 2007

Ouma se Twee Gedigte


1 comment:

  1. Ek gee dit in teks om dit makliker leesbaar te maak... veral die tweede een vat 'n bietjie ontsyfering.

    Harry ou dier

    Uit boeke het jy jou kennis gekry, jy het BAIE gehad
    en ruimskoots aangegee vir my, om saam te vat.

    Maar nou is jy weg en ek alleen
    langs die diep donker gat
    ek sien jou lees
    ek hoor jou lag
    ek voel jou vat
    langs die diep donker gat.



    Jy is so vinnig weg

    In jou arm, op jou skouer, kon ek lê,
    Kon ons vir mekaar altyd alles sê
    Eensklaps het dit anders geword
    die dinge bly ongesê, waar ek nou saans allenig lê
    en my warm trane stort.

    Ons Christene aanvaar jou aankoms en vertrek is bepaal
    maar tog dink ek nou God het jou te gou kom haal
    Ek sou graag nog grappies deel
    drukkies en soentjies wou steel!
    Tog nog dank ek God se grote Naam vir vier en vyftig jare saam

    ReplyDelete