28 November 2006

een reenerige dag...

een reenerige dag het chris in die modder gespeel

En in al die plassies wat hy kon kry gaan plas



Chris dink hondekos is die beste ding ooit,

veral omdat hy weet hy dit nie mag vat en in sy mond druk nie.


een sonnige dag in die opblaas swembadjie. Dit was nie heeltemal sonnig genoeg nie, so, ons het maar net in 'n bietjie water gesit en plas vir 'n rukkie, toe raak dit te koud.

vroeg in die more

Altwee mans in my lewe in droomland -- vrede

Maar nie vir lank nie, as chris wakker word, moet almal wakker.
Maar, 'n mens (in hierdie geval John Diederik) leer om te slaap
ten spyte van klein seuntjies se gebabbelAs ons klaar aangetrek het, word daar eers bietjie gespeel...
enige ding is 'n speelding.
Een van chris se ander gunstelling aktiwiteite is swaai.
Chris hou ook van die "waar's die baba" speletjie, en hy kruip dan agter die lakentjie wat in die kar as sonskerm dien (wat gewoonlik af getrek word) weg.

03 November 2006

nog prentjies

chris kruip nognie heeltemal nie, maar hy beweeg nietemin, voet boud voet boud. Ons werk aan knieg hand knieg hand.


na die 1e verjaarsdag het ons 'n grootmens partytjie gehad, chris het nogal die spotlight gesteel.

Hy't nog die verkeerde kant beet met die wyn glas, maar daar's nog baie tyd om te leer.





weer by die 1e verjaarsdag, word eerder mee gespeel as saam met gespeel.

prentjies





Pa en Seun.
Ek het probeer om studio foto's te neem maar Chris was nie regtig in die bui nie en Pa nog minder. Daar was darem 'n paar aprekende oomblike.














Ons was by 'n 1e verjaarsdag pattytjie op die 28ste Oct, en Chris was mal oor die swaai.






01 November 2006

Google Calendar

Right... Die laurie verjaarsdag kalender is geskep. (Link is daarbo, sowel as aan die regterkant vir ICAL, XML en HTML)

Egter, kort ek nog BAIE mense, so as jy iemand sin sien wat se verjaarsdag nie op is nie, net 'n comment los wat die birthday datum en persoon het. Of vir my 'n mailtjie stuur.