30 January 2007

Chris se eerste verjaarsdag partytjie

Presentjies oopmaak:

Kersies dood blaas. (die groter seuntjie het gehelp)


Koek sny. Kan almal sien wat die koek veronderstel is om te wees?

leidraad: die malvalekkers is wolke.

Chris was nie heeltemal gesond nie, so ons het net voetjies nat gemaak.

Ek het gister eers uitgevind hy't mangel ontsteking.

Hier het hy 'n klein stukkie koek geeet, verder niks, behalwe 'n paar chippies.

Sy keel was seker te seer.

11 January 2007

Nou oor na Blogger 2

Ons het nou die blog ge"migrate" na die nuwe version van blogger.

Dit beteken dat ons kan labels op ons posts sit (nie besonder nuttig nie), maar ook dat ons moontlik later van dinge soos video blogging etc. sal kan gebruik maak. (nog nie op die oomblik nie).

Dit beteken ook dat mens moet 'n "google" account he om te kan post. Meeste van die members is google account houers, so ek glo nie dis 'n probleem nie. Templating kan mens verbeter, maar as ek nie eers belangstel om dit te verander nie, weet ek nie vir wie dit iets gaan beteken nie.

10 January 2007

lekker gekuier!

Ons het 'n heerlike vakansie gehad, eers by my ouers op Boesmansriviermond en toe op Franskraal. Baie lekker om almal weer te siene te kon kry en saam ontspan.
Hier is 'n paar fotos om mee te begin. By Boesmans, Chris kan hom so verkyk na enigiets wat buite aangaan, die voeltjies, plante, mense ens.



Chris het die see so geniet. As ons weer sien het hy die pad gevat na die brandertjies. Die een oomblik het ons nog lekker met die sand gespeel, die volgede oomblik het hy pad gevat. Die volgende 3 fotos is deur my ma geneem.

Dan moet Ma maar volg. Ek het maar naby gebly, want hy het grommets in sy ore en mag dus geen water in sy ore kry nie.

lekker "geswem". Op Franskraal was Marile die fokus van sy aandag. Hier speel sy en Chris saam kitaar.

Ons het vir Nicola (bruinette) ontmoet, dis nou Reenen se Nicola. Kestell se Nicola is blond as die fotos wat ek gesien het vertrou kan word.

en sy draai toe uit om 'n kranige petank speler te wees.

Die kuier om die vuur by Franskraal is altyd baie lekker. Ons het baie lekker geeet, na musiek geluister, en wyn gedrink. Ek het ongelukkig nie daar fotos geneem nie, maar mens kan seker onthou sonder fotos as 'n mens probeer (gladnie te moeilik vir ons wat daar was nie, maar vir die wat 'n bietjie lanklaas of nooit daar was nie, sou fotos seker gehelp het).

Baie dankie aan Pa Dirk en Ma Trienke dat ons daar kon kuier en dat julle dit vir ons so aangenaam gemaak het. Ek verlang alklaar weer.