17 September 2007

Alan se matriekafskeid..

Soos oupa sou gesê het - ons is nou af na een!

Ons kan nie juis glo dat Alan al amper uit die skool is nie!

Alan en 'n paar vriende met hulle dates en ouers kuier vooraf by ons huis sodat ons kan sien hoe goed hulle lyk.

Dis toe 'n McMillan tartan - die winkel het nie Gordon tartans in Alan se grootte gehad nie. Kyk mooi - julle sal die beker herken wat Alan by ouma geërf het.

05 August 2007

Dit was 'n aardige ding om Christo se beseerde voet te sien.

Hy was op 'n kamp naby Harrysmith. Terwyl hy melk kook, kom iemand aangehardloop en stamp die pot om op sy voet.

Ongelukkig is die wond aanvanklik "mismanaged" met vaseline ge-impregneerde gaas. Toe hy by die GP kom 3 dae later, kom die nuut gegroeide val af..




Hiernaas is gieter se foto.
Wond het al heelwat herstel.
Kyk bv. na die grootte van die rooi gedeelte.

Die bekommernis is nog die "eilande" in die middel wat effens stadiger vorder.
Hy sal dalk 'n veloorplanting benidig.

Terloops - ek verstaan die nuutste benadering is om 'n gaas van silikon met silikonjellie te gebruik.

MVG
LMAC

12 July 2007

Ouma se begrafnis

Ouma, Christien Laurie, 24 Julie 1921-5 Julie 2007 (86 Jaar)

Ek het nie so vreeslik baie foto's oor wat gebeur het nie. Maar die meeste van haar kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en skoonfamilies was daar.

Aan die einde van die gedenkdiens het die kinders en kleinkinders Forever Young van Bob Dylan gesing ter ere van Ouma en Oupa. Dit was hulle song. Ek post die woorde.


Forever Young - Bob Dylan

May God bless and keep you always,
May your wishes all come true,
May you always do for others
And let others do for you.
May you build a ladder to the stars
And climb on every rung,
May you stay forever young,
Forever young, forever young,
May you stay forever young.

May you grow up to be righteous,
May you grow up to be true,
May you always know the truth
And see the lights surrounding you.
May you always be courageous,
Stand upright and be strong,
May you stay forever young,
Forever young, forever young,
May you stay forever young.

May your hands always be busy,
May your feet always be swift,
May you have a strong foundation
When the winds of changes shift.
May your heart always be joyful,
May your song always be sung,
May you stay forever young,
Forever young, forever young,
May you stay forever young.

Ouma het ook 'n paar versies geskryf in haar laaste tyd, maar ek het nie die woorde daarvan nie. Kan iemand dit dalk post.

19 June 2007

Artikel oor Martina en Handson


Hierdie artikel verskyn in die nuwe uitgawe (May - Jul) van Proud.

Ek het dit taamlik low-res hier anders word dit te groot om af te laai.

MVG

Louis

03 May 2007

Nog photos van 1 mei

Kate, van baie naby.
Dirk verduidelik hoe groot die tuna was.
Nicola Kortenhoeven (Kestell se nooi), gesels lekker met Kate.
Leslie en Essie.
Trienke en Henri.
Dirk verduidelik op sy tipiese manier terwyl Kayla besonder geinteresseerd probeer lyk.
Reenen met Nicola Bosman... en haar kamera-foon.
Marietjie van Onselen (Kate se ma) en Kate.

Kate, Mariele en DP. Mariele gaan die volgende dag in vir Botox. Dis dalk die dat sy so bekommerd lyk. (ek verneem die Botox was heel suksesvol.)Julia, koffiekoppie en Leslie. Superman was net net uit die prentjie uit.

02 May 2007

1 May Prentjies

Ons was almal lekker saam by Dirk en Trienke se plekkie, en hier volg 'n paar foto's.


23 April 2007

Alan speel in die hokkie fees wat FNB borg!


Baie van die seuns het deelgeneem aan die CANSA Shavathon wat lastig maak om hulle uit te ken, maar ek neem aan almal sal Alan herken..

16 March 2007

Lekker slaap haiku

Jy moet lekker slaap
daar doer ver in die vreemde
en soet drome droom.

30 January 2007

Chris se eerste verjaarsdag partytjie

Presentjies oopmaak:

Kersies dood blaas. (die groter seuntjie het gehelp)


Koek sny. Kan almal sien wat die koek veronderstel is om te wees?

leidraad: die malvalekkers is wolke.

Chris was nie heeltemal gesond nie, so ons het net voetjies nat gemaak.

Ek het gister eers uitgevind hy't mangel ontsteking.

Hier het hy 'n klein stukkie koek geeet, verder niks, behalwe 'n paar chippies.

Sy keel was seker te seer.

11 January 2007

Nou oor na Blogger 2

Ons het nou die blog ge"migrate" na die nuwe version van blogger.

Dit beteken dat ons kan labels op ons posts sit (nie besonder nuttig nie), maar ook dat ons moontlik later van dinge soos video blogging etc. sal kan gebruik maak. (nog nie op die oomblik nie).

Dit beteken ook dat mens moet 'n "google" account he om te kan post. Meeste van die members is google account houers, so ek glo nie dis 'n probleem nie. Templating kan mens verbeter, maar as ek nie eers belangstel om dit te verander nie, weet ek nie vir wie dit iets gaan beteken nie.

10 January 2007

lekker gekuier!

Ons het 'n heerlike vakansie gehad, eers by my ouers op Boesmansriviermond en toe op Franskraal. Baie lekker om almal weer te siene te kon kry en saam ontspan.
Hier is 'n paar fotos om mee te begin. By Boesmans, Chris kan hom so verkyk na enigiets wat buite aangaan, die voeltjies, plante, mense ens.



Chris het die see so geniet. As ons weer sien het hy die pad gevat na die brandertjies. Die een oomblik het ons nog lekker met die sand gespeel, die volgede oomblik het hy pad gevat. Die volgende 3 fotos is deur my ma geneem.

Dan moet Ma maar volg. Ek het maar naby gebly, want hy het grommets in sy ore en mag dus geen water in sy ore kry nie.

lekker "geswem". Op Franskraal was Marile die fokus van sy aandag. Hier speel sy en Chris saam kitaar.

Ons het vir Nicola (bruinette) ontmoet, dis nou Reenen se Nicola. Kestell se Nicola is blond as die fotos wat ek gesien het vertrou kan word.

en sy draai toe uit om 'n kranige petank speler te wees.

Die kuier om die vuur by Franskraal is altyd baie lekker. Ons het baie lekker geeet, na musiek geluister, en wyn gedrink. Ek het ongelukkig nie daar fotos geneem nie, maar mens kan seker onthou sonder fotos as 'n mens probeer (gladnie te moeilik vir ons wat daar was nie, maar vir die wat 'n bietjie lanklaas of nooit daar was nie, sou fotos seker gehelp het).

Baie dankie aan Pa Dirk en Ma Trienke dat ons daar kon kuier en dat julle dit vir ons so aangenaam gemaak het. Ek verlang alklaar weer.