Dis 'n uitvoering van wat ouma voorgestel het, waar ons van oupa se sêgoed, en mannerisms, en nagedagtenis kan neerpen vir die nageslagte.
23 June 2008
Martina & Ek was Saterdag by die gedenktuin. Ons het 'n plantjie daar gelaat - julle sal dit herken as die soort vetplant wat Ouma in sulke klein potjies geplant het.
Ek weet almal kon nog nie daar uitkom nie - hier's 'n indruk hoe dit lyk.
Ek het so plantjie gevat uit Ouma se tuin die laaste keer dat ons daar was met haar begrafnis. Dit is my gunsteling tipe - dink dit is die Mexican Rose. Is in my tuin...
Ek het so plantjie gevat uit Ouma se tuin die laaste keer dat ons daar was met haar begrafnis. Dit is my gunsteling tipe - dink dit is die Mexican Rose. Is in my tuin...
ReplyDelete