08 December 2006

Nou vir 'n paar prentjies...

Die Eiffel toring... Soos julle kan sien. Dit is besonder indrukwekkend. Check hy verlig tot die wolke :) Ek het opgegaan met die toring tot bo, en dit was volmaan. (ok so dalk is dit nie toring wat die wolke verlig nie...) Jy kan nie die maan sien nie, maar so nou en dan het die wolke padgegee en oopgemaak. Dit was soooo mooi.
Die Seine rivier. In die nag. (obviously)
Meeste van die vrugte in die foto is egte vrugte :), die ingang van die winkeltjie is bitter smal.
Die Notre-Dame. Hier was nog 'n wonderlike ervaring. Ek het ingestap sondag oggend. (ek het sondag die PM shift gewerk) Daar was 'n diens aan die gang. Ek kon meer van die Latyn in die sang verstaan as die Frans in die preek, maar dit was ongelooflik mooi... binne en buite. En ek het regtig 'n heilige atmosfeer beleef (behalwe dat daar honderde toeriste deurloop tydens die diens...) Die katolieke verstaan iets anders van God. Die heiligheid en die prag.
'n Fontein naby die Notre-Dame... Ek moes versigtig loop, die wind het vreeslik gewaai en hy piepie mens nat... Gelukkig het die mond aan die regterkant nie gespoeg nie.

Die foto's is maar lae kwaliteit... Het nie 'n decent kamera gevat nie. (ek weet dis stupid, maar ek het steeds my ervarings, en dit bly myne, en ek sal dit nie verloor nie.)

Kestell

No comments:

Post a Comment