19 August 2008

Zara Trenchcoat


Dis maar 'n vrot foto, ek vra om verskoning. Let asb op dat die label lees "Image". Hy is met so 'n sticky lap tape oorgeplak, en jy sal dit vinnig kan aftrek. Sover ek weet is dit net in swart, en in sizes 30 - 40 (dalk 32 - 40).

23 June 2008



Martina & Ek was Saterdag by die gedenktuin.
Ons het 'n plantjie daar gelaat - julle sal dit herken as die soort vetplant wat Ouma in sulke klein potjies geplant het.

Ek weet almal kon nog nie daar uitkom nie - hier's 'n indruk hoe dit lyk.

MVG,
LMAC

24 March 2008

Videos is nou realiteit

Ons sal nou kan videos upload na ons blog toe, as mense dalk sou belangstel.

Ek het ongelukkig nou net videos in 3GP formaat (selfoon), en ek dink nie dit word aanvaar nie.

Die tipe videos wat aanvaarbaar is, is: AVI, MPEG, QuickTime, Real, en Windows Media.

Ek sal maar net vir converters moet soek...

17 September 2007

Alan se matriekafskeid..

Soos oupa sou gesê het - ons is nou af na een!

Ons kan nie juis glo dat Alan al amper uit die skool is nie!

Alan en 'n paar vriende met hulle dates en ouers kuier vooraf by ons huis sodat ons kan sien hoe goed hulle lyk.

Dis toe 'n McMillan tartan - die winkel het nie Gordon tartans in Alan se grootte gehad nie. Kyk mooi - julle sal die beker herken wat Alan by ouma geërf het.

05 August 2007

Dit was 'n aardige ding om Christo se beseerde voet te sien.

Hy was op 'n kamp naby Harrysmith. Terwyl hy melk kook, kom iemand aangehardloop en stamp die pot om op sy voet.

Ongelukkig is die wond aanvanklik "mismanaged" met vaseline ge-impregneerde gaas. Toe hy by die GP kom 3 dae later, kom die nuut gegroeide val af..




Hiernaas is gieter se foto.
Wond het al heelwat herstel.
Kyk bv. na die grootte van die rooi gedeelte.

Die bekommernis is nog die "eilande" in die middel wat effens stadiger vorder.
Hy sal dalk 'n veloorplanting benidig.

Terloops - ek verstaan die nuutste benadering is om 'n gaas van silikon met silikonjellie te gebruik.

MVG
LMAC